ARABIERE VERSPREI REGOOR DIE WÊRELD
Die beroemdheid van die vinnige, elegante perde het begin versprei regoor Europa, Asië, en tot in Noord Amerika. Die Turke van die Ottoman Ryk het Arabierperde aan Europese leiers as geskenke gegee. Die invloei van Arabierbloed in die inheemse Europese perde, het gelei tot ‘n ligter gevegsperd. Dit was nie meer nodig om ‘n besonder sterk gevegsperd te hê nie, aangesien gewere die swaar krygstuig vervang het.
In 1725 het Nathan Harrison van Virginië die eerste Arabierhings na Amerika ingevoer. Tussen 1853 en 1856 het A.Keene Richard, die eerste noemenswaardige Arabierteler in Amerika, verskeie hingste en merries vir stoetteling ingevoer, maar hy het alles in die Amerikaanse burgeroorlog verloor. Die invoer van Arabierperde is hervat na ‘n paar decades, maar hierdie keer het hulle gekom om te bly. In 1873 het die Sultan van Turkye, Abdul Hamid 2, twee opreggeteelde Arabierhingste, Leopard en Lindentree, aan Genl. Ulysses Grant geskenk gedurende sy besoek aan die Midde Ooste.
Leopard het die eiedom van Randolph Huntington geword, en hy het daarna nog twee hingste en twee merries vanaf Engeland ingevoer in 1888. Dit was die eerste opreggeteelde Arabierstoetery in Amerika. In 1893, tydens die World’s Fair in Chicago, het die populariteit van die Arabierperd baie toegeneem deurdat Turkye vyf en veertig opreggeteelde Arabiere vertoon het. Op daardie stadium het invoere van Arabierperde na die V.S.A. toegeneem, aangesien vooraanstaande Amerikaners hulle aangeskaf het om hul eie telerye op te gradeer. In 1906 het Pres. Teddy Rooseveldt vir Homer Davenport geborg om sewe en twintig Arabiere in te voer na Boston. Dit het die stigting van die Davenport Arabiere beteken.
Die volgende noemenswaardige invoere het ook tydens daardie periode plaasgevind:
1898 – 1911
20 invoere deur Spencer Borden (Interlachen Stoetery)
1918 – 1932
W.R.Brown: 20 vanaf Engeland, 6 vanaf Frankryk, 7 vanaf Egipte
1926 en 1927
W.K.Kellogg: 17 vanaf Crabbett Stoetery (Engeland)
1928 en 1931
Roger Selby (Selby Stoetery): vanaf Crabbett Stoetery
1930 en 1931
Albert Harris: vanaf Egipte en twee vanaf Engeland
1934
Joseph Draper: vyf vanaf Spanje
1940’s en 1950’s
Invoere het afgeneem
1957
Lady Wentworth sterwe; uitverkoping van Crabbet Stoetery. Invoere neem toe.
Teen die einde van die 1950’s was Arabierperd Stoeterye reeds goed gevestig in Amerika en oor die wêreld.
Op 2 September 1908 is die Arabian Horse Club of America, Inc. in New York gestig. Na baie naamsveranderinge het die register finaal in Calorado gevestig as die Arabian Horse Registry of America (AHRA).
1909: Stamboek Register amptelik deur Departement van Landbou erken. Daar was 71 perde en 11 eienaars op hierdie stadium.
Op 31 Maart 1950 is die International Arabian Horse Association gestig om die Arabierperd aktiwiteite dwarsoor die wêreld te bevorder en te ko-ordineer.
In 1970 is die World Arabian Horse Organization (WAHO) gestig om as ‘n internasioanle spreekbuis vir die register en aktiwiteite van alle klubs regoor die wêreld te voorsien.
ANDER KLUBS
Arabian Jockey Club: toegewyd aan arabierperd resies.
Bedouin Source: ‘n groep wat fokus op perde waarvan die geslagsregister teruggeneem kan word in elke bloedlyn tot by die Bedouin perdetelers stamme van die woestyn.
Die Bedouin was altyd baie streng met betrekking tot die rasegtheid van hul perde, en hoewel daar geen geskrewe rekords was nie, het hulle verbaal die teling uit geheue van een geslag na die ander oorvertel. Aangesien die Arabier as ‘n geskenk van Alla beskou is, is rasegtheid van soveel belang vir die Bedouin dat, sou ‘n merrie per ongeluk met ‘n “Kadish” hings van buite paar, was sy beskou as “vir ewig besoedel”, en kon sy nooit weer ‘n rasegte vul produseer nie.
Deur voorkeur merries met selektiewe hingste te paar, het die Bedouin sekere stamme ontwikkel, dikwels vernoem na die stam of sjiek wie hulle geteel het. Anders as met ander rasse, word families volgens die merrielyn opgespoor (bewys van die prominensie van die merrie in hul teelbeleid).
Ander woestyntipes wat ontstaan het, soos die “Barbs” en die “Turks” van Noord Afrika en die buitewyke van die woestyn, was nooit deur die Bedouin vir teling in aanmerkin geneem nie.
In 1976 is ‘n permanente bloedtiperingsprogram vir hingste in die lewe geroep deur die Arabian Horse Registry of America, en sedert 1991 word bloedtipering van beide ouers, sowel as die vul, vereis vir die registrasie van volbloedvullens.
Andersyds is die World Arabian Horse Society meer buigsaam en laat perde met twyfelagtige teling toe in hul registers. Dit het tot dispuut tussen die AHRA en WAHO en telers wêreldwyd, gelei.