Die korrekte klassieke Dressage seat Deel 1

EZINE ARTICLES – DIE VERLANGDE KLASSIEKE DRESSAGE SEAT Deel 1

Die korrekte Dressage seat en balans word verkry wanneer daar ‘n perfekte lyn is vanaf jou oor, die punt van jou skouer, die tweede sakrale werwel, deur die heupgewrig, en vandaar deur die enkel.

Hierdie lyne is perfek wanneer jy regop staan. Die korrekte lyn in die saal sal dus soortgelyk wees aan die staanposisie, as jy jou knieë buig tot die skuinste wanneer jy in die saal sit. In hierdie posisie (perfekte balans) sal jy maklik kan aanpas wanneer die perd skielik in ‘n ander posisie beweeg.

As jou bene egter vorentoe is (sitposisie) is jy uit balans (lyn) en onseker. Jou binnedy kontak met die perd is verlore, en jy kan maklik val as die perd ‘n onverwagse beweging maak. As jou balans korrek is, en jy het noue kontak met jou binnedy, hou die bene jou in die saal en jy beweeg saam met die perd.

Die korrekte seat (korrekte beenposisie, rug, bekken en skouers in die korrekte lyn) verseker veiligheid, beheer, ‘n elegante beeld, vertroue en harmonie met jou perd.

Deur gereeld hierdie seat te oefen, verbeter die ruiter die ontwikkeling van die perd se spiere in die gewenste rigting, en ontwikkel die perd in ‘n grasieuse atleet. Die prentjie wat strelend vir die oog is ontwikkel outomaties en spontaan.

Dit is gebiedend noodsaaklik dat die ruiter nie styf sal wees nie, maar buigsaam en soepel sal wees, en dat die bekken, seat en bene saam met die perd sal beweeg, om sodoende ‘n gevoel van noue kontak met die perd te hê, en die ritme van die bewegings van die perd te voel, terwyl die bolyf regop bly. In praktyk moet die middellyf die area van skeiding wees tussen die bolyf wat in lyn en regop bly, en die bekken, seat en bene wat aanpas by die bewegings van die perd  

 “Rek jou bene na die grond toe en jou bolyf na die wolke toe”. Sit lank en trots, en jou perd sal dieselfde vorm aanneem.

Om die lengte van jou stiegrieme te meet laat hang jy jou bene vrylik, en stel jou stiegrieme sodat die stibeuel se voetstuk parallel met jou enkelbeen is. Dit is onmoontlik om ‘n gebalanseerde seat te hê as jou stibeuels te kort is.

Volgende pos: ‘n Intensiewe beskrywing van die korrekte posisie van die verskillende liggaamsdele.

VIR ‘N VOLLEDIGE BESKRYWING VAN DIE KORREKTE KLASSIEKE DRESSAGE SEAT

KLIEK HIER