GESKIEDENIS, ROMANTIEK EN GEHEIMENISSE VAN DIE ARABIERPERD
ANTIEKE GESKIEDENIS
Die Arabier, die oudste opreggeteelde perderas ter wêreld, was as ‘n gawe van God beskou deur die Bedouin gemeenskap. Die ras het sy ontstaan gehad in die gebied wat nou bekendstaan as Sirië, Iran, Irak en die Arabiese Skiereiland.
Arabier is ‘n Joodse word wat woestyn of woestynbewoner beteken. Die bloedlyn van die Arabierperd gaan vyf duisend jaar terug, en hoewel vandag ietwat groter, is die moderne Arabier baie soortgelyk aan die oorspronkilke perd.
Die spesifieke karaktertrekke van die Arabier het almal besondere betekenis vir die Arabiernasie. Dit word geglo dat die groot voorkop Alla se seëninge bevat, die hoë stert is ‘n simbool van trots, terwyl die gekromde nek en hoë kam moed simboliseer. Die ingeduikte profile, groot prominente oë, groot neusgate en fyn bek is kenmerkende eienskappe. Die breë bors, kort, sterk rug en skuins skouer verleen aan hom krag en ‘n vloeiende beweging.
Die ras kom voor as bruin met swart onderbene, maanhare en stert (bays), wit, skimmel en selde swart. Die normale hoogte is tussen 14.1 en 15.2 hande hoog en hul weeg van 800 tot 1000 pond (360 tot 455 kg.) wanneer volgroeid.
‘n Goeie, liefdevolle temperament en liefde vir mense maak dit maklik om ‘n verhouding met hulle te ontwikkel. Inherente gehardheid verleen aan hulle besondere stamina en maak hulle ‘n populêre keuse vir uithouritte. Hul goeie temperament maak hulle baie geskik vir terapeutiese rykuns.
Die Arabier het essensieel vir die Bedouin mense geword, en teen 1500 Voor Christus was die Arabier volkome makgemaak. Bedouin leiers was so vertroud met die geskiedenis van hul perde soos wat hulle met hul eie verbale geskiedenis was. Hulle het staatgemaak op die spoed, uithouvermoë en ratsheid van die Arabierperd in oorlogvoering, wat hulle in staat gestel het om die vyand se skape, kamele en bokke te roof. Merries was meer gesog vir hierdie tipe oorlogvoering (Ghazu), omdat, anders as hingste, hulle nie runnik wanneer hulle ander perde (die vyand s’n) sien nie, en sodoende die vyand waarsku van die aankomende aanval.
Anders as die meeste ander rasse, word die merries hoër aangeslaan deur die Bedouin as die hingste. Die uitmuntende merries het uitnemende moed getoon in stryd.
In antieke wedrenne het die wenner die beste perde van die verloorder se kudde ontvang. Wanneer ‘n merrie as ‘n geskenk gegee was, het die ontvanger dit as ‘n besondere eer beskou.
Ongeveer 3,500 jaar gelede het die bevolikings van Egipte begin meng met die beskawings van Mesapotamië. Die Egiptiese Ryk het Arabierperde met hul spoed, uithouvermoë en gehardheid nodig gehad om sy grense te bereik en om die uitgebreide gebied te regeer.
Teen die tyd van Mohammed en aan die begin van Islam teen ongeveer 600 N.C. het die Arabiere en hul perde versprei na die Midde Ooste, Noord Afrika en Sjina. Die Arabierperd het ook begin versprei na Europa. Deur Mohammed se aanmoediging aan Bedouin krygers om lief te wees vir hul perde, het die Bedouin en hul perde feitlik onoorwinlik geword.
In 868 het Ahmad Ibin Tulin, ‘n Mameluke, oor Egipte regeer en tot 1798, toe Napoleon die Mamelukes oorwin het, het die Mamelukes intense aandag aan die teling van top stoetperde gegee. In 1798, toe Napoleon die Mamelukes oorwin het, het hierdie perde met hul pragtige houding en snorkery Napoleon betower. Toe die Franse weggaan, was Egipte onder die heerskappy van die Albanees, Mohammed die Grote, wie een van die beste Arabierstoeterye van alle tye gestig het.