LAMINITIS
Laminitis is ‘n pynlike inflammasie van die sensitiewe laminae – die membrane wat die pedal (voet) beentjies binne die perd se hoef bymekaar hou.
Die hoof oorsaak van laminitis is ‘n oormaat koolhidrate in die perd se dunderm. Dit veroorsaak verhoogde suurheid, wat lei tot die afsterwe van die voordelige veselverterende bakterieë, wat op sy beurt irritasie van die ingewande se voering veroorsaak, vanwaar endo-toksienes in die bloedstroom opgeneem word. Dit veroorssak verswakte sirkulasie, veral in die hoef.
Die hoof oorsaak van laminitis is ‘n oorbelading van koolhidrate in die perd se dunderm. Dit veroorsaak dat die lamina nie die voetbene (pedal bones) in posisie kan hou nie, en in ernstige gevalle sal die pedal beentjies regdeur die sool van die hoef sink. In so ‘n geval moet die perd van kant gemaak word.
Ander voere wat laminitis kan veroorsaak is:
- Jong lentegras wat hoë fruktosevlakke bevat
- Gras onder stres (droogte gras, verlepte, rypbeskadigde gras, oorbeweide gras).
Enige infeksie in die liggaam van die perd kan genoeg toksienes produseer om laminitis te veroorsaak, en dieselfde geld vir stres.
DIAGNOSE
Laminitis aanvalle is gewoonlik skielik en ernstig.
Die perd sal ‘n kenmerkende stand ontwikkel, met hul voorbene vorentoe gestrek om die gewig na hul hakke te verskuif en die druk op die tone te verminder. Die perd mag ook op sy sy lê om te help om die druk van sy pote af te lei.
Wanneer die perd staan, sal hy sy gewig van een poot na die ander verskuif, of traag wees om te beweeg. Die voet mag ook klop.
BEHANDELING
Behandeling fokus hoofsaaklik op pynstillers en antibiotika. ‘n Veearts moet so gou moontlik ontbied word, aangesien laminitis onherstelbare skade kan aanrig binne ‘n kort tyd.
VOORKOMING
Verhoed skielike veranderings in ‘n perd se rantsoen, asook buitensporige hoë-energie konsentrate. Voorkom oorvreet deur hoë-energie voere op ‘n veilige plek buite bereik van perde te stoor.
Pas perde geleidelik by geil weiding aan, veral wanneer dit uirspruit in die lente of na ‘n droogte herstel. Begin deur die perd toe te laat om 15 minute per dag te wei, en verleng dit dan geleidelik.
Roetine gesondheidsorg (ontwurming, inentings en roetiene gesondheidsorg help om te voorkom, net soos deeglike hoefversorging).
Ander verwante siektes sluit Cushing’s Disease, Insulien Weerstand en Monday Morning Disease in.
‘n Baie volledige bespreking oor laminitis word ingesluit by die perde handleiding EASY HORSE.