Perde afrigting – kyk gebalanseerd daarna

PERDE AFRIGTING – KYK GEBALANSEERD DAARNA

 NATURAL HORSEMANSHIP 1

’’Natural horsemanship” het die manier waarop perde afrigters perde benader verander ten goede, en vir altyd. Perde inbreek is ‘n praktyk wat nog net deur mense wie sestig jaar agter die tyd is, toegepas word.

Eweneens kan hierdie wonderlike beginsel deur nuwelinge verkeerd vertolk word, soos wat ek onlangs ontdek het.

In my lewe het ek met ‘n groep in die die perdebedryf kennis gemaak met wie ek nie in die verlede bekend was nie, en ek het besef dat hierdie mense die teenoorgestelde opleiding nodig het.  

Ek is ‘n groot voorstaner van “natural horsemanship”, en van sagte afrigtingsmetodes. Ek het ‘n handleiding oor afrigtingsmetodes geskryf, wat suksesvol deur beginners en leke toegepas word, en selfs gerespekteerde afrigters pas baie van die tegnieke waat daarin beskryf word, suksesvol toe. Hierdie e-boek is gebaseer op gemeenskaplike vertroue en dissipline, op die “natural horsemanship” beginsel.    

Maar ek het ook ontdek dat daar by perde afrigting nie net een uiterste bestaan nie – misbruik, geweld, wreedheid – maar ook ‘n ander teenoorgestelde uiterste: tingerigheid.

Dit kom veral onder onervare nuwelinge tot hierdie pragtige bedryf voor. Ek haas my om by te voeg dat dit by verre verkieslik is bo wrede, gewelddadigde metodes, maar dit is nog steeds ver van gewenste perde afrigtingsmetodes.

Om dit in perspektief te kry moet ons die perd se natuur as vertrekpunt gebruik. Hou in gedagte dat die perd ‘n groepdier is, en in ‘n kudde is daar ‘n herargie. Terwyl die hings die groep beskerm, is ‘n merrie die matriarg of leier. In hul natuurlike staat is daar ‘n leier en onderdane. Dit is net hoe dit is met perde. In ‘n een op een situasie gaan die perd altyd die ander party toets – mens of perd – om te sien wie is die leier – die persoon of ander perd, of die perd self.

Natuurlik wissel die graad van toets tussen individue, soos dit mense die geval is. Neem ‘n klas skoolkinders as voorbeeld. ‘n Sekere groep sal hul gewilliglik onder die gesag van die onderwyser onderwerp, terwyl ‘n ander groep die gesag van die onderwyser sal uitdaag. Indien die onderwyser ‘n sterk persoonlikheid het, neem hy beheer oor, die rebel (uitdager) weet waar hy staan, daar is beheer, stabiliteit en vordering. Indien die onderwyser swak is, is daar verwarring, onstabiliteit en onsekerheid. Dit beteken nie dat die onderwyser wreed of onregverdig is nie. Hy is net sterk, ferm en in beheer. EN HY SKEP VERTROUE.

Net so soek ‘n perd vir ‘n leier. Hoewel ek wrede afrigtingsmetodes ten sterkste afkeur, dink ek dit is ewe belangrik om leke teen die gevare en gevolge te waarsku deur ‘n perd soos ‘n baba te behandel. Vertel my: het jy en die res van die klas die beste presteer by Juffrou Saggiesenteer, of by Meneer Strengmaarbillik, waar daar gesag en beheer was?

Neem dadelik die gesagsposisie in. Laat die perd uit die staanspoor verstaan wie is die leier. Sodra die perd uitvind hy kan jou oorheers, is dit ‘n geval van (‘n baie kort) tyd voordat dit geen respek vir jou gaan hê nie, en uiteindelik sal jy niks met die perd kan doen nie, en dit sal in die slagpale eindig. Natuurlik is daar grade waarteen perde jou sal toets – sommige perde is meer onderdanig as ander van natuur. Maar as jy net met 30 tot 50  persent van die perde waarmee jy in jou lewe te doen gaan kry, kan regkom, dink ek nie jy kan jouself veel van ‘n “ horseman/horsewoman” noem nie, en jy?  

Dit frustreer my grenseloos as ek sien mense praat met ‘n perd soos met ‘n baba. Pasop – daardie perd gaan jou uitdaag, en jy gaan tweede kom. Perde is sterk diere, en deur natuurlike seleksie is hulle geteel en aangepas om in ‘n vyandige omgewing te oorleef. As hulle hulself nie kon verdedig en beskerm nie, sou hulle uitgeroei word.

My twee dogters is twee pragtige, vroulike, verfynde vrouens, tog hardloop hulle marathons van 20 km. (13 myl) en meer, terwyl hulle die pas volhou oor lang afstande. Hulle kom niks daarvan oor nie. Al wat gebeur is dat hulle gesond en fiks is, en lekker voel. Maar ek het ‘n paar mense ontmoet wie nie wil hê ‘n perd moet gewerk word as hy effens begin sweet nie. Kommentaar soos: “Hy raak nou moeg; ons moet liewer ophou” terwyl die perd skaars begin sweet het, laat my kop draai. Elke atleet word tot die uiterste gedryf, en ‘n perd is baie meer gehard as ‘n mens. As hulle elke 5 minute moes gaan staan as hulle in die natuur moes hardloop, sou daar vandag geen perde oor wees nie; die roofdiere sou hulle almal uitgeroei het.    

ASSEBLIEF. Moenie die gevolgtrekking maak dat ek misbruik voorstaan nie. Ek pas die sagste afrigtingsmetodes toe, en dit is wat ek regdeur my boek bepleit. Ek dink “natural horsemen” soos Monty Roberts, Pat Perelli, John Lyons en Larry Trocha het die mensdom (en die perdebevolking) ‘n onberekenbare guns bewys, en ek pas hul benadering toe;  dit vorm die grondslag van my metodes. Ek weerspreek geensins wat hulle (en ekself) bepleit nie, en ek staan in bewondering oor hul kennis.

Ek voel net dat dit my plig is om beginners te waarsku teen die gevaar op hande, en die onaangename gevolge om ‘n perd soos ‘n baba te behandel. Wees sag, maar ferm, verstandig en realisties. Die een uiterste is so ver van die ideal soos die ander. Wees vriendelik, maar ferm, en kom in beheer. Dwing respek af. Dring aan op dissipline. Wees die leier van dag 1 af.

Een laaste punt: moenie soos ‘n muis praat as jy met ‘n perd praat nie; praat soos iemand wie in beheer is. Perde respekteer nie muise nie, maar hulle het respek vir gesag.

Dit is net hoe perde is.  

U KAN ‘N LEEFTYD SE ONDERVINDING OPDOEN DEUR 

HIER TE KLIEK