DEEL 3
Die meeste perde draai makliker na die een kant as na die ander kant toe, maar ‘n goeie perdehandleiding behoort in fyn besonderhede te verduidelik hoe om ‘n perd te balanseer en eweredig op die bek te kry. ‘n Goeie perdehandleiding behoort te verduidelik hoe om ‘n perd soepel in sy nek te maak sodat hy sy nek kort agter die ore buig en lig in die toom word.
“Backing” (terugbeweeg) is ‘n ander baie belangrike prosedure wat ‘n perdehandleiding in besonderhede behoort te verduidelik op ‘n manier wat maklik is om te verstaan, absorbeer en toe te pas.
Onder andere behoort ‘n perdehandleiding te verduidelik hoekom perde sekere bekprobleme het, en hoe om dit reg te stel. Om skrikkerig te wees is nie abnormaal vir perde nie, maar dit behoort in ‘n perdehandleiding verduidelik te word hoe om dit reg te stel.
Nadat ‘n leerling ‘n perdehandleiding bestudeer het, behoort hy/sy ‘n baie goeie idée te hê hoe om ‘n perd te leer hoe om maklik te wees om op te saal of op te tuig, sowel as om opgeklim te word of om ingespan te word voor ‘n kar.
‘n Goeie boek oor perde afrigting behoort te verduidelik waarna om te soek sover dit ‘n perd se bouvorm en beweging betref, en behoort baie foto’s ter demonstrasie by te voeg, wat gewenste sowel as ongewenste eienskappe uitbeeld.
Verdere opleiding behoort artikels soos perdetandheelkunde, boererate vir beserings, wonde ens. in te sluit. In ‘n goeie perdehandleiding behoort soveel raad en opleiding as moontlik verduidelik te word in die fynste besonderhede.
‘n Goeie perdehandleiding behoort in fyn besonderhede te verduidelik hoe om die tuie (saal, toom,tuig) op ‘n perd te stel. Hoe styf moet ‘n neusband, keelband en kenketting wees? Wat is die korrekte lengte vir die stiegrieme (standaard styl), wat is die korrekte posisie van die stang en trens.
‘n Goeie perdehandleiding behoort balanseeroefeninge in te sluit om aan die ruiter ’n beter balans en meer stabiliteit in die saal te gee. Opsigself sal dit leerlinge daarvan oortuig dat daar baie meer vreesagtige en onervare ruiters (waarvan baie as “hoogs gekwalifiseer” bestempel word) is as wat daar “wilde, gevaarlike, skrikkerige” perde is.
‘n Goeie perde handleiding behoort nie net hierdie metodes in fyn besonderhede te beskryf nie, maar dit behoort op so ‘n manier geskryf te wees dat dit maklik is om te verstaan, te absorbeer en suksesvol toe te pas deur beginners. ‘n Leerling behoort soveel inligting as moontlik te absorbeer sonder om te voel hy/sy skryf die finale eksamen van hul skoolloopbaan.
Nadat die leerling ‘n perdehandleiding bestudeer het , of ruiterkunsonderrig by ‘n ryskool ontvang het, behoort hy/sy te sê: “Ek het nooit geweet dat dit so maklik is nie”.
Die “gekwalifiseerde, opgeleide” “expert” behoort in staat te wees om die leek of onopgeleide persoon in die skadu te stel wanneer hulle by ‘n vurige, onvoorspelbare perd kom. Dit behoort die finale toets te wees !!!