DEEL 2
Kom ons kry perspektief oor dinge. As ‘n sport soos rugby, hokkie, netbal net geskik was indien dit super veilig was, sou enigiemand daarna gekyk het? In enige sport is daar risiko, en selfs dogters moet by risiko aanpas. Moet ons nie ons benadering teenoor perdekuns (“horsemanship”) ‘n bietjie verander nie? Het ons nie ‘n geslag “horsemen” opgelei wie amper in die kategorie van “sissy” val nie?
So, om terug te keer na die punt om “horsemanship” te definieer.
Moet ons nie vernuf in perdekuns (“horsemanship”) as die vermoë om verbouereerde, ongedissiplineerde, onveilige perde af te rig sodat hulle kalm, veilige, gedissiplineerde ryperde met vertroue word, sien nie? As leerlinge nooit aan enigiets meer as die 95% voorspelbare blootgestel word nie, sal hulle ooit meer as perdepassasiers word?
Dus, wat is ‘n alternatiewe benadering of maatstaf vir goeie, praktiese afrigting (van perdemense) en ‘n waardevolle handleiding oor “horsemanship”?
Indien ons die vermoë om ‘n probleemperd te korrigeer as die maatstaf stel, sal dit nie ‘n nuwe, meer praktiese betekenis aan die term “horsemanship” gee nie?
Indien ons ons visier daarop stel om mense op te lei hoe om die vertroue van perde wat vurig, gespanne en opwindend is, wat as “warm” bestempel word, te wen, en hoe om hulle te kalmeer en te dissiplineer, sal ons nie meer ware perdemense oplei nie? Sal dit nie resultate oplewer indien ons leke metodes, sagte, natuurlike afrigtingsmetodes, leer om vurige rasse, soos Renperde, sommige Arabiere, Amerikaanse Saalperde, Hackneys ens., en meer bekwame, opgeleide perdemense tot gevolg hê nie?
Ek sien pragtige, baie vroulike en verfynde dogters en baie normale (ek bedoel nie abnormaal rof nie) seuns wie groot plesier kry uit vurige opwindende perde, net as gevolg van ‘n ander ingesteldheid. Hulle word verseker dat hulle dit kan doen, en hulle word geleer hoe om dit te doen. Dit verbaas my dat kinders aan rowwe sportsoorte soos rugby blootgestel word, met al die gepaardgaande risiko vir besering, maar wanneer dit by perde kom word alles wat nie absoluut bomproef is nie, as te gevaarlik bestempel.
Wat kan ons vir leke en kinders leer? Wat behoort ons te soek in ‘n effektiewe, doeltreffende perde afrigtingsboek, en in ‘n boek oor perde oor die algemeen?
Daar is metodes wat sag, veilig en nie-vernielend is nie, om die vertroue van ‘n rou, wilde perd, wat nog nooit hanteer is nie, te wen in ongeveer 30 minute, en om vir die res van daardie perd se lewe sy vertroueling te word.
Die meeste perde is gevoelig vir aanraking in die begin. Daar is sagte metodes om dit te bowe te kom en ‘n perd veilig en ‘n plesier te maak om mee te werk in ‘n rekord tyd. Baie perde is kopsku van nature, maar dit kan reggestel word op ‘n manier waarop die perd nie verniel word nie, en sodoende word die perd maklik gemaak om ‘n toom aan te sit.
‘n Redelike persentasie perde is moeilik om te beslaan, maar perde afrigters kan dit regstel op ‘n baie mooi manier. Daar is metodes wat baie effektief is om ‘n perd te leer om stil te staan wanneer hy opgeklim word. Dit kan aan leerlinge geleer word.