Waarom perde skrik en hoe om dit te hanteer

WAAROM PERDE SKRIK EN HOE OM DIT TE HANTEER

Een van die areas op die gebied van perde wat die meeste misverstaan word, is op die gebied van skrik.

Daar is vier redes hoekom perde skrik:

  • Sommige perde (sommige bloedlyne) is meer geneig om te skrik as ander – dit het betrekking op teling en natuurlike temperament
  • Te min  werk en te veel energie veroorsaak oormatige spelerigheid. Dit is dikwels wenslik in sommige skouperdrasse. Andersins is meer werk ‘n logiese oplossing.
  • Perde mag doelbewus skrik om die oorhand oor jou te kry – ‘n geval van bederf.
  • Werklike vrees vir ‘n voorwerp, wat moontlik deur ‘n onervare afrigter/ ruiter veroorsaak is.

Dit moet in gedagte gehou word dat enige vreemde voorwerp vreesaanjaend vir ‘n perd is. Hou in gedagte dat dit ‘n perd se natuurlike instink is om te vlug van gevaar om homself te beskerm. Dit maak altyd sin om ‘n perd genoeg tyd toe te laat om homself met die voorwerp waarvoor hy bang is te vereenselwig. Laat die perd eers seker maak dat die voorwerp hom nie gaan seermaak nie. Moet nooit druk op ‘n perd sit wanneer hy WERKLIK bang is nie, tensy jy seker is hy wil jou net verkleineer. Jy moet baie seker maak hiervan, en onervare ruiters moet baie versigtig wees om ‘n perd te dwing na ‘n voorwerp wat hy vrees, aangesien dit baie waarskynlik is dat hulle die situasie net sal vererger. Dit mag permanente wantroue tussen perd en ruiter veroorsaak.

Vertroue tussen perd en ruiter moet gevestig word op DAG 1. Sodra ‘n perd vertroue het in sy afrigter, is vordering ongelooflik vinnig. Sodra die perd die afrigter as sy leier aanvaar, sal hy “op die afrigter steun” vir beskerming en leiding. ‘n Mens bereik die stadium waar die perd die afrigter vertrou in die mate waar dit feitlik alles sal aanvaar wat die afrigter met hom wil doen.Dit word nie gedoen op die manier wat ‘n mens vertroue by ‘n mens sal vestig nie. ‘n Perd reageer op verskeie tegnieke en het sy eie taal, wat totaal van mens se taal verskil. Daar is verskeie metodes (definitiewe tegnieke) om dit te bereik.

WIL U WEET WAT DIT ‘N PLESIER MAAK OM MET PERDE TE WERK?

LEER DIE GEHEIME

ORDER NOW 2