DIE GESKIEDENIS VAN DIE MERKWAARDIGE S.A.VLAAMPERD
Die S.A. Vlaamperd is ‘n S.A. geteelde perd. Dit staan ook nie in Engels bekend as “Flemish” nie, dit bly die S.A. Vlaam horse.
Die ontwikkeling het reeds in die vroeë 1900 begin uit Frieshingste wat uit Holland deur die hawe Antwerpen, Vlaandere, ingevoer was. Dit is ook waar die naam vandaan kom. Ons Vlaamperde is glad nie verwant aan die Belgiese “Flemish” nie. Verskeie ander Rasse wat in S.A. was, van daardie tyd en die Frieshingste wat ingevoer is, het die basis van die Vlaamperd gevorm.
Die Vlaamperd Telersgenootskap is eers in 1983 gestig, waarna die perde by S.A. Stamboek opgeteken is. Die Genootskap is nog baie klein, omdat die perde nie goed bemark was nie. In die laaste vyf jaar, het ons getalle in perde en lede verdubbel. Op die oomblik is daar maar plus minus 200 aangetekende perde en ongeveer 35 lede binne die Genootskap.
Die Vlaamperd is ‘n veeldoelige, lae onderhoudsperd van medium grootte met ‘n uitstekende temperament. Op die oomblik word hulle hoofsaaklik as karperde gebruik, maar is ook uitstekende ryperde. Die enkeles wat ook in die dresseerkringe beweeg, vaar ook baie goed.
Die Vlaamperde word 3-gang gery, trek Siertuig, Enkeltuig, Tandem, Dubbeltuig , spanne van vier en spanne van agt.
Ons perde se temperament is seker ons grootste bate. Op skoue kan gesien word hoe dames hingste hanteer.
Agt perdespan Vier perde voor koets
Paar karperde Enkeltuig
Vlaam merrie 1970’s Moderne Vlaam merrie 2013