Colene Gaggiano
Agenys 31/12/13
Hello Oom,
Hoop dit gaan sommer baie goed met Oom. Hier met ons gaan dit baie goed.
Wil net weereens vir Oom dankie sê vir die kennis wat Oom met ons gedeel het, die dag toe ons daar was, en in Oom se boeke. Ek kan nie glo my merrie was so wild die dag toe ons haar die eerste keer gesien het nie. Sy is die nou sweetste perd, en so gemaklik. Ek gebruik Oom se metodes op ons plesierperde ook, en dit werk werklik. ‘n Mens kry baie “horse people”, maar Oom is n ”true horseman” en Oom het my geleer dat daar altyd meer is as wat die oog kan sien. Soos my pa se Sparkle wat Oom gewerk het. Hy het ongelooflik moeilik gelyk en was onbeskof. Nou is hy die perd met die mooiste maniere ooit; hy is ons gentle giant.
Hoop Oom het ‘n
voorspoedige nuwe jaar.
Groete,
Colene Gaggiano
Colene Gagiano
Agenys, Noord Kaap, Suid Afrika
5 Desember 2013
Oom Boeta,
Baie dankie vir al die moeite wat Oom met Blue velvet en Highland’s Sparkle gedoen het. Ek kan nie glo hoe ongelooflik hulle nou is nie.
Mense!!
Velvet is 2 jaar oud en het pas uit die veld gekom toe ons haar gekoop het. Mens kon nie met haar werk nie. Volgens hulle was sy baie lewendig en onmoontlik. Sy was so op haar senuwees en wou haar nie laat vang nie. Sy het met jou aan die halter gestry en het na ‘n vreeslike moeilike perd geklink, daarom het ons besluit dat oom Boeta met haar moet werk voor ons haar 800 km. van ons af moet gaan haal. Na oom Boeta ‘n dag met haar gewerk het, kon jy op ‘n stoel sit en die 2 jaar oue merrie se hoewe rustig werk. Sy is ‘n heel ander perd en vertrou mense. Sy loop soos ‘n hond agter my aan en ek kan haar borsel en hoewe optel. Sy is bomb proof. Ek kan haar met gemak long-line en ek moet my die meeste van die tyd remind dat sy net 2 jaar oud is. As jul vir oom Boeta met ‘n perd sien werk, dan MOVE iets binne jou en laat mens besef mens kry baie “Horse riders” maar baie min mense wat “true horsemanship” kan toepas!
Groete,
Colene Gagiano
13/11/2012
Hestie van Heerden
Hi Boeta,
Ek het al klaar begin met die “studies”. Is verseker meer as wat ek verwag het. Dankie.
Tussen my drie kinders (2, 3 en 5) gaan dit maar moeilik om ‘n tydjie af te knyp!
Nee, ek is nie in die Saalperdbedryf nie.
My man het vir my 2 Anglo-Arabier merries gekoop wat alreeds gedek is, so ek is BAIE opgewonde. My plan is om maar bietjie met hulle te begin teel.
Ek het nog altyd ‘n liefde vir perde gehad, maar ek begin nou eers op die “regte” manier leer. Maar soos ek al bietjie gelees het, neem ek aan dat ek baie van die inligting maar op enige perd kan toepas?
Ek stel veral belang in die regte voeding, ‘n goeie spuitprogram, my regte houding op die perd ens..
Ek kan ook nie wag om die gedeelte van die uithouritte te lees nie!!!
Ek het die boeke bestel om my kennis te verbreed, want ek wil so veel as moontlik weet en leer!
Ons woon in Wesselsbron (Vrystaat).
Groete
Hestie
Lourens Swart 2013-07-30
Goeie dag Boeta,
Net n paar woorde om dankie te se vir EASY HORSE boeke en jou onmiddelike telefoniese bystand waar ek onseker was of vasgehaak het.
Na vele gesoek op webwerwe na die regte, maklike en verstaanbare leiding om jong perde mak te maak vanuit die veld tot die perd gery kan word, kom ek op Easy Horse af.
Jy kan nie dink wat se verligting dit vir my was om opleiding in ons eie land en in AFRIKAANS te kry nie.
Ek het die eerste boek bestel ( EASY HORSE) en binne ‘n halfuur het ek begin lees, en wat ‘n openbaring – alles is stap vir stap duidelik uiteengesit, van die begin to die einde, alles wat jy wil weet van makmaak tot ry. Jy het ook vir my perdetaal geleer, en kan ek net byvoeg – dit is nie die eerste boek wat ek gelees het nie van Amerika , Australie en Engeland waar hulle jou vertel en wys wat hulle kan doen nie, maar vir my was dit ‘n toe boek en kan ek nie glo ek het betaal om dit te kan lees nie.
Soos jy weet het ek dadelik die 18 maande oue Arabierhings uit die veld gaan haal en begin met die inbreek proses (onthou die foto wat ek die 2de dag vir jou gestuur het) en vandag is dit die 5de dag en glo my, ek vat orals aan hom, het reeds sy hoewe gedoen, en daar staan hy in die ring met ‘n saal op sy rug, net jammer hy is nog te jonk om te ry.
Met die sukses wat ek in die kort tyd behaal het, deur jou kursus te volg en jou telefoniese bystand, kan ek met vrymoedigheid Easy Horse aan enige perde liefheber aanbeveel, of hy/sy baie weet of niks weet van perde af nie, dit is beslis die paar rand en moeite werd.
Baie dankie, en ek wag vir die volgende boek oor vulletjies.
Groete
Lourens Swart
Marcelle 2011-04-14
Dankie vir jou advies. Ek het my Percheronhings opgeklim sonder probleme. Dit is die eerste perd wat ek leer om opgeklim te word, en dit is ‘n SUKSES. Marcelle ( Purple Sky Percherons)
Jan Davenport 2011-04-13
Hey…You have done a SUPER job. I didn’t know you were so talented. I could kick myself for not doing my own site.
Magdalena 2011-04-12
Dit is moeilik om bekwame persone oor hierdie onderwerp te vind. Jy kan verstaan word, aangesien jy weet waarvan jy praat. Baie dankie.
Willie Buys 2011-04-07
Oom Boeta, baie dankie vir die uitstekende advertensie. Ek beveel almal aan om die webwerf te ondersteun. Die blootstelling was ongelooflik.
Eileen Sheridon 2011-04-06
Ek wil jou bedank vir die moeite wat jy gedoen het om hierdie blog te skryf. Ek hoop om dieselfde hoëgehalte webwerf poste in die toekoms van jou te sien. Eintlik het jou skeppende skryftalent my aangemoedig om nou my eie webwerf te kry. Eintlik sprei die blogging vinnig sy vlerke. Jou skrywe is ‘n goeie voorbeeld daarvan.
Jan Davenport 2011-02-17
Boeta Slabbert (on Facebook), one of the most horse knowledgeable and humble human beings, has a book out on horse training. Methods are similar to some of the others available with one exceptional difference. He makes himself available to you at no extra cost. You can phone him anytime for advice and he follows through to check how you are doing. I can highly recommend him to anyone. He cares.
ARABIERHINGS REAGEER VERBASEND 3 Februarie 2011
Jan-Hendrik van der Linden, Jacobsdal, writes:
My Arabierhings was totaal onhanteerbaar. Hy het mense totaal en al gedisrespekteer, het mense aangeval, en ek kon niks met hom doen nie. Niks het gewerk nie.
Nadat ek Easy Horse metodes op hom toegepas het, is hy ‘n totaal ander perd. Hy is onder totale onderwerping en waarlik ‘n plesier om mee te werk.
Ek rig ook perde af vir ander mense, en Easy Horse metodes werk uitstekend. Ek pas dit toe op elke perd wat ek afrig, met uitstekende resultate.
Easy Horse metodes is baie prakties, maklik en DIT WERK VINNIG.
Jan Davenport, U.S.A. 2011-01-23
Hi Boeta,
Baie dankie vir die boek wat ek ontvang het. Dit is uitstekend. Ek gaan dit oor die naweek lees en bestudeer. Drie van my vriende stel ook belang, en hulle sal jou kontak. Ek het jou kontakbesonderhede aan hulle gegee.
Baie dankie,
Elrine
Michael J.van Rensburg aan vriendin Hannelie
Mr. Boeta Slabbert (sel 0828716492) het ‘n uiters waardevolle boek genoem ”EASY HORSE”, geskryf, wat probleemoplossing met perde beskryf, asook hoe om jong perde te begin en hulle probleemvry te maak binne ‘n rekordtyd – ‘n praktiese stap vir stap gids.
Dit sal die moeite werd wees om hom te kontak.
WILLIE BUYS
Baie dankie vir die uitstekende boek.
Ek het daardeur gewerk en kan sien dat dit op vertroue, en nogmaals vertroue, gebaseer is.
Hoe dikwels wantrou ‘n perd nie sy eienaar of afrigter nie. Dikwels word ‘n perd se fondament nie deeglik gelê nie, omdat ons geneig is om dit af te jaag.
Die vertaling in Afrikaans is ook uitstekend, en die metodes word uitstekend verduidelik. Dit vertel jou alles van A tot Z.
Uitstekend – enige beginner se droom, om hom in staat te stel om ‘n lekker perd te hê . Die foto’s demonstreer die perd se afhanklikheid van die afrigter, sonder om sy persoonlikheid en skouvoorkoms te verloor, wat ‘n uitstaande eindproduk as resultaat het.
Beste groete; ons sien uit na die tweede boek.
Weskus groete, Vredenburg, Suid Afrika.
Louise de Wet, Bloemfontein, S.A. skryf: 2011/01/01
Dit is waarskynlik een van die beste boeke oor die afrigting van rou perde met die meeste inligting, wat ek ooit gelees het. Ek het hierdie metodes suksesvol op baie geleenthede toegepas, en het geen probleme gehad met perde wat op hierdie metodes afgerig is nie. Nadat perde op hierdie manier afgerig is, is hulle kalm, wakker en reageer hulle op alle terreine en hulle is net ‘n plesier om mee te werk.