HAPPY HORSE

HAPPY HORSE COVER AFRIKAANS

GETUIGSKRIF JAN-HENDRIK V D LINDEN

HAPPY HORSE fokus op die belangrikste fase in enige perd se afrigting – die eerste fase, wanneer die fondament gelê word.

Dit verduidelik die beste metodes wat ek oor my lewe geleer het, plus wat ek geleer het van die beste in die wêreld deur obserwasie, privaat konsultasie, boeke, video’s en navorsing. Elke woord in hierdie e-boek  het honderde ure en duisende dollars of Rande agter hom. Dit is my begeerte om vir jou daardie tyd en geld te spaar – omdat dit verseker tyd en geld kos, en om iets te gee aan die bedryf waarvoor ek so ‘n passie het.

SOMMIGE VAN DIE HOOGTEPUNTE IS

  • Dit begin met die eerste dag in die “bull pen” – “joining up” en ‘n band met die perd vorm. Die verskillende metodes van “lungeing” word na die beste van my vermoë beskryf – die uiters belangrike grondwerk. Dit is waar die eerste treë van buigsaamheid, “disengaging” van die voor-en agterkwart, “backing”, stop, sagtheid (flexion) en totale soepelheid geleer word.  
  • Verskeie metodes van desensitering word ook verduidelik – om die perd gemaklik te kry met geraas, plastiek sakke, en veral om ‘n mens toe te laat om naby genoeg te kom om oral oor sy lyf aan hom te vat. Sodra die perd jou in sy ruimte toelaat, het jy geweldige vordering gemaak.
  • Daar word na die beste van my vermoë beskryf hoe om die perd op te saal en op te klim, tot by die eerste rit.
  • Spesiale aandag word aan een van die belangrikste aspekte van perde afrigting gegee – “flexion” en soepelheid.
  • Die tema van hierdie boek is hoofsaaklik op twee beginsels gebaseer – vertroue en respek.
  • ‘n Spesiale hoofstuk word aan slegte gewoontes en hul oplossings gewy, soos skrik, haastig huistoe ens.. Ek is van voorneme om gedurig hier by te voeg.

Die leerproses is ‘n nimmereindigende reis. Ek het ‘n leeftyd van totale toewyding spandeer om die kennis op te doen wat ek met jou deel – hoe dikwels is ek nie geïgnoreer en ‘n koue skouer gegee nie wanneer ek kundige perdemense gesoebat het om te deel en te wys. Wat ek deel is wat ek weet, en na ‘n leeftyd erken ek: ek moet nog so baie leer.

Daar is egter mense daar buite wie net begin. Dit is my opregte begeerte dat ek van enige hulp vir jou kon wees. Mag hierdie boek ‘n seën vir jou wees.

Groete,

Boeta Slabbert