HEALTHY HORSE is die derde in die EASY HORSE reeks.
Dit is saamgestel uit deskundige kennis deur professionele mense wie in verskeie aspekte van die perdebedryf betrokke is, en dek sommige van die belangrikste gebiede wat deel vorm van die perdekuns, soos voeding, beslaan ens..
Hierdie aspekte mag nie die mees opwindende aspekte van die perdebedryf wees nie, maar die kennis wat in hierdie e-boek gedeel word mag vir jou baie pyn spaar en mag party van jou ernstigste probleme voorkom en oplos.
Hierdie volume verskaf professionele inligting oor ondrwerpe soos
VOEDING:
- Die waarheid omtrent semels. Ons het ‘n totale wanbegrip oor semels. Leer die skokkende feite.
- Wanneer om te voer vir oefening en kompetisies.
- Voeding vir uithouritte.
- Oorsake, anatomie en behandeling van koliek.
- Maagsere (het jy geweet die meeste gestaleerde perde het dit?).
- Die redes waarom groot hoeveelhede hoë gehalte ruvesel belangrik is.
- Oorsake, anatomie en behandeling van laminitis.
- Protiënbehoeftes van ‘n perd.
BESLAAN:
Die onmiddelike behandeling van quarter cracks word bespreek op hierdie video – noodsaaklik vir elke perdemens.
STANGE EN TRENSE:
- Die beginsels waarop om ‘n stang of trens te selekteer. Leke maak so dikwels oningeligde keuses.
- Die tegniese aspekte, soos wydte van die stang of trens.
- Tongdruk.
- Gelyke druk op die bekbalke. As dit nie reg is nie, kan dit ‘n groot invlooed op die bek hê.
- Die uitwerking van verskillende galge op die skerpheid van die stang.
- Ander faktore wat die skerpheid van die stang of trens beïnvloed.
- Die sweet iron effek op speekselvloei.
- Verskillende stange en trense en hul gebruike, gedemonstreer met foto’s.
Healthy Horse sal gereeld opgradeer word, en nuwe inligting word verwag. ‘n Groot hoeveelheid onbekende maar kritieke kennis verskyn reeds op hierdie 86 bladsye om jou met essensiële kennis te voorsien.
Ek vertrou dat hierdie e-boek jou sal help om hierdie kritieke leemte in jou lewe en in die lewe van jou perde te vul.
Groete,
Boeta Slabbert