KURSUSSE

EASY HORSE PERDEKUNS EN RUITERKUNS KURSUSSE is tans besig om kursusse in perdehantering en ruiterkuns te gee in die Kalahari. Die belangstelling is verstommend. Die ondersteuning en geesdrif is fenominaal. My gasheer en gasvrou, Pieter en Magda Barlow, ondersteun ons op ‘n manier wat alle verwagtinge oortref. Die vriendelikheid van die Kalahari gemeenskap is buitengewoon.

Ons lei op hierdie perseel 10 kinders, 2 volwassenes en 6 plaasarbeiders op. Daar is nog verdere kontrakte in hierdie gebied na hierdie.

Daar is net een manier waarop ons, afrigters en telers, die groei in die perdebedryf kan stimuleer, en dit is deur op ‘n opregte en eerlike manier kinders en beginners op te lei en te ondersteun met deeglike kennis, sodat hulle self dit reg kan doen en sodoende plesier en nut uit perde kan kry as werksperde op die plaas, familiesport en kompeterende sport.

Ek doen ‘n beroep op afrigters en telers om ASSEBLIEF, ASSEBLIEF, ASSEBLIEF nie hierdie mense in te loop nie. As ons dit doen verdryf ons hierdie fenominale potensiële mark vir altyd, en mense wie beginners uitbuit behoort aan die kaak gestel te word.

Daar word ‘n paar sulke kursusse in verskillende dele van die land vir die res van die jaar beplan. Indien gemeenskappe of klubs so ‘n kursus verlang, kan hulle my kontak op 0828716492.

Ek plaas ‘n paar foto’s van die kursus in hierdie pragtige deel van ons land en van die pragtige mense by wie ek die voorreg het om ‘n paar weke deur te bring.

20160323_164252 20160323_164917

20160323_170517 20160323_171341

20160323_172531 20160323_173320

WP_20160322_003 WP_20160322_006

DAAR IS GEWELDIGE POTENSIAAL IN DIE PERDEBEDRYF, MITS ONS BEGINNERS EERLIK EN OPREG BEHANDEL.