MINI BOEKE

 MINI BOEKE VOORBLAD

GETUIGSKRIF SCHALK DE VILLIERS

MINI BOEKE

Om probleemoplossing makliker te maak, het EASY HORSE nou ‘n reeks mini boeke saamgestel oor spesifieke onderwerpe. Hierdie mini boeke is saamgestel uit uittreksels van elke boek in die reeks. Dieselfde onderwerp word benader, verduidelik en bespreek vanuit ‘n ander hoek in elk van die e-boeke, en in die mini boeke is die deel wat oor ‘n sekere onderwerp handel uit elke e-boek geneem om probleemoplossing meer verbruikersvriendelik te maak.

HOEWEL DIE BESTELKODES IN ENGELS IS, IS DIE BOEKE IN AFRIKAANS BESKIKBAAR. KLIEK NET OP “AFRIKAANS” BY “LANGUAGE PREFERRED”. DIE ONTWIKKELING VAN ‘N BESTELVORM IS DUUR, EN DAAROM IS DAAR SLEGS EEN BESTELVORM VIR BEIDE ENGELS EN AFRIKAANS.

R150    $20   £15.00

DIE AFRIGTING EN SKOU VAN PERDE AAN DIE HAND (BESTELKODE: Halter Classes)

53 Bladsye oor die afrigting en skou van perde vir halterklasse deur verduideliking van die metodes wat die beste afrigters gebruik.

DRESSAGE (BESTELKODE: Dressage)

73 Bladsye wat Dressage stap vir stap verduidelik, beginnende by die voorbereiding van die perd vir hierdie gevorderde afrigting (soepelheid, om die perd reguit te maak, op die stang of trens, verskeie bewegings om hierdie doelwitte te bereik, soos skouer in, beentoegewing, half halt ens.), tot by die mees gevorderde bewegings (Piaffe, Pirouette, Passage). ‘n Baie volledige hoofstuk wat die ideale Dressage “seat” verduidelik (korrekte vorm van die ruiter en hoe om dit te ontwikkel, sowel as die korrekte posisie van elke liggaamsdeel van die ruiter se liggaam) is ingesluit. Hierdie inligting is van onskatbare waarde vir elke dissipline.

SPRINGPERDE (BESTELKODE: Jumpers)

20 Bladsye wat fokus op die ruiter se korrekte posisie, stap vir stap verduideliking van die begin afrigting van die springperd, die volgende stappe, tot by die finale springperd. Tien van die mees algemene problem wat met springperde ondervind word en hoe om  dit reg te stel, word baie deeglik en stap vir stap verduidelik.

UITHOURITTE  (BESTELKODE: Endurance)

28 Bladsye wat die voorbereiding van die uithouritperd vir verdure afrigting wanneer die perd oud genoegis, voorbereiding vir rite, regstel van probleme soos oorhaastig, skrik ens.,verduidelik. Voeding van die uithouritperd – wat en wanneer – word verduidelik.

R100    $13   £10.00

ALGEMENE PROBLEME MET SPRINGPERDE  (BESTELKODE: Jumper Problems)

8 Bladsye wat die praktiese oplossing vir die tien algemeenste problem by springperde deeglik verduidelik.

BLINK LYF EN PRAGTIGE STERT (BESTELKODE: Tails)

12 Bladsye vol inligting oor “grooming”, plus ‘n wenk om tot 4 duim (.1 meter) groei per maand by sterte te verkry.

BOUVORM RIGLYNE EN GERAAMTE VAN ‘N PERD (BESTELKODE: Conformation)

13 Bladsye wat ‘n perd se bouvorm in fyn besonderhede bespreek, plus ‘n diagram van ‘n perd se skelet en ‘n perd se gewrigte. ‘n Onmisbare handleiding vir die beginner.

DIE X FAKTOR: DIE GROOT HART VAN ‘N KAMPIOEN  (BESTELKODE: X Factor)

6 Bladsye wat verduidelik hoe om daardie perd te teel wat die groot hart het om te wen in die skoubaan, op die renbaan, in uithouritte en in springkompetisies.

“FLEXION” EN “COLLECTION”  (BESTELKODE: Collection)

45 Bladsye wat hierdie uiters belangrike aspek van perde afrigting stap vir stap verduidelik. Elke moontlike metode word in fyn besonderhede bespreek, beginnende met grodwerk en “lunging” (moontlik die gebied in perde afrigting waaroor daar meer onkunde bestaan as op enige ander), na lang leisels, jog cart en oefeninge onder saal. Dit is moontlik, selfs maklik, om ‘n perd te ontwikkel wat “met garedrade gery kan word”.

OEFENINGE EN AFRIGTING VIR DIE RUITER  (BESTELKODE: Rider)

15 Bladsye vol inligting oor die korrekte “seat”, sowel as die presiese posisie van elke liggaamsdeel: “seat”, bekken, bolyf en skouers, bene en voete, arms en hande ens., standaard en Dressage seat. Oefeninge om balans te ontwikkel sowel as die korrekte verstellings aan die saal en toom word verduidelik. 

OPKLIM EN VOORBEREIDING ONDER SAAL  (BESTELKODE: Mounting)

9 Bladsye wat hierdie kritieke skakel in ‘n perd se afrigting stap vir stap verduidelik. Verskeie metodes en benaderings word bespreek.

PRAKTIESE BEGINSELS OOR PERDETELING (BESTELKODE: Breeding)

7 Bladsye vol praktiese advies gebaseer op ‘n leeftyd se ondervinding in perdeteling.

R75    $10   £7

BEPAAL ‘N PERD SE OUDERDOM DEUR SY TANDE (BESTELKODE: Teeth)

6 Bladsye wat presies veduidelik hoe om ‘n perd se ouderdom te bepaal deur sy tande, van geboorte tot 30 jaar.

BOERERATE EN WENKE (BESTELKODE: Home Remedies)

 4 Bladsye wat hoefversorging (droë, gebarste hoewe, te sagte hoewe) behandel, swelsels op litte, stertversorging, ontwurming, mok ens..

ELF STAPPE VAN “KOEDOE” TOT RYPERD (BESTELKODE: Eleven Steps)

7 Bladsye wat die presiese stappe beskryf wat deur die skrywer gebruik word om “koedoes” op die vinnigste manier mak te maak.

LAMINITIS EN VERWANTE METABOLIESE ONGESTELDHEDE (BESTELKODE: Laminitis)

8 Bladsye wat die fisiologie van die perd met betrekking tot laminitis bespree. Die oorsake en voorkoming van laminitis word deeglik behandel.

MAAGSERE BY PERDE  (BESTELKODE: Ulcers)

3 Bladsye waarin hierdie relatief onbekende, maar ernstige probleem duidelik en volledig verduidelik en bespreek word.

‘N PAAR BASIESE WENKE VIR VYFGANGPERDE (BESTELKODE: Rack)

2 bladsye waarin die leer van die trippel volledig verduidelik word.

OORSAKE EN VOORKOMING VAN KOLIEK BY PERDE  (BESTELKODE: Colic)

8 Bladsye wat die fisiologie van die perd met betrekking tot koliek bespreek. Die oorsake en voorkoming word volledig behandel.

STEEKSHEID (BESTELKODE: Balking)

4 Bladsye van praktiese advies om ‘n steeks perd reg te kry.

VOEDING VIR UITHOURITTE deur Ray Geor, BVSc, PhD, Dipl.ACVIM (BESTELKODE: Feeding Endurance)

6 Bladsye wat die voedingsbehoeftes van die perd voor, tydens en na die rit bespreek.

VOORBEREIDING VIR BESLAAN (BESTELKODE: Shoeing)

3 Bladsye wat metodes verduidelik om op ‘n baie maklike manier jong perde te leer om hul pote te laat optel – ongelooflik maklik en vinnig.