Ons skool rou, bederfde en mishandelde perde regoor Suid Afrika – Noord tot Suid en Oos na Wes.
Ons het ‘n stelsel wat stap vir stap toegepas word, en elke probleem word deeglik reggestel voordat ons na die volgende stap beweeg – skop, byt, kap, nie stilstaan om opgeklim te word nie, skrik, fyn vir die lyf ens.. Ons afrigtingstelsel is baie deeglik, hoewel dit ontwikkel is om die gewenste resultate in rekord tyd te behaal. Dit is gebaseer op ‘n balans tussen vertroue en kalmering aan die een kant, en respek, dissipline, fokus, beheer en leierskap aan die ander kant. As hierdie twee aspekte nie in perfekte balans is nie, kan ‘n mens nie ‘n perd skool nie. Ons beklemtoon soepelheid en sagte bekke, en neëntig persent van ons afrigting is gebaseer op deeglike grondwerk.
Ons benadering is totaal op perdesielkunde gebaseer.
Ons lei kinders en dames (asook mans) op, vanaf absolute grondvlak tot gevorderd, in beide peresielkunde en ruiterkuns. Baie min, indien enige, afrigters en instrukteurs gee opleiding in “horsemanship – die fondament van sukses met perde. Dit is ook gebaseer op ‘n begrip vir perdesielkunde. Balans van die ruiter word sterk beklemtoon, sowel as hantering van die teuels en ‘n stabiele kontak met die perd se bek.
Ons bied ook kursusse aan oor “horsemanship” en ruiterkuns vir plaaswerkers op die perseel, en ons verduidelik ‘n maklike, veilige en ontspanne benadering tot afrigting, in kontras met die wrede metodes wat tradisioneel toegepas word. Suksesvolle kursusgangers ontvang ‘n sertifikaat met voltooing van die kursus. Dit word op verdienste gebaseer.
Tariewe (onderworpe aan verandering):
Afrigting: R1750 per perd plus akkommodasie en maaltye vir my helper en myself, plus my wasgoed
Opleiding: R1500
Hoewe knip: R200 – R500 afhangend van die toestand van die hoewe
Skou “trimming” en lesing: R150
Kontak Boet Slabbert 0828716492 emeralda@easyhorse.info