LYS VAN VIDEOS
Hierdie video’s kan nie op die ORDER blad bestel word nie, maar moet direk bestel word per WhatsApp, e-pos (emeralda@easyhorse.info) of telefonies 0828716492. Voeg asseblief R150 by elke bestelling, ongeag hoeveel video’s bestel word, vir memory stick en registrasie vir versending.
VOLLEDIGE REEKS R6000
INLEIDING R500
‘n Bespreking van perdesielkunde. Hierdie agtergrond kennis is onmisbaar in perde afrigting
DESENSITERING 1 en 2 R1000
Raak ontslae van vrees en sensitiwiteit – metodes wat werk, en wat ons elke dag gebruik op die moeilikste perde
BEHEER ‘N DISRESPEKVOLLE PERD R1000
Plus DIE OORHEERSENDE PERD WAT HOM VERSET
Die metodes wat ek gebruik op perde wat ander mense afgeskryf het
AKKUPUNKTUUR DRUKPUNTE EN LYFTAAL R1000
Die manier om die mees gespanne perd in rekordtyd te kalmeer
UMGUGUPANA (leierskap en beheer) R1000
DEEL 1
DEEL2
‘n Unieke en onbekende metode wat ek gebruik om die leier te word wie die perd respekteer. Sonder hierdie metode weet ek nie hoe om ‘n perd af te rig nie. Ek is nie bewus van enigiemand anders wie hierdie metode ken nie. Dit is die manier om ‘n perd te dissiplineer
“FLEXION” R1500
Dit is die metodes wat ek gebruik om ‘n perd binne twee dae super soepel en besonder sag in die bek te maak
LEER OM TE DRAAI R1000
Die bitting rig en lang leisel metodes wat ek gebruik om ‘n perd te leer om te draai binne ‘n paar ure op dag een
LANG LEISELS, DISSIPLINERING EN LEER OM TE STAAN R1000
DEEL 1
DEEL 2
Die manier wat ek lang leisels gebruik om ‘n perd voor te berei vir ‘n veilige eerste ry. Ek weet nie hoe ‘n mens ‘n perd kan ry sonder om eers deur hierdie stappe te gaan nie – en di’s maklik en eenvoudig
VOORBEREIDING VIR DIE EERSTE RY R1500
DEEL 1
DEEL 2
As ek nie maklike metodes gebruik nie, sal ek nie perde afrig nie. Dit haal die risiko van besering uit jou eerste ry, en elke ry daarna
EERSTE RY VERKORT R1500
DEEL 1
DEEL 2
‘n Ander blik op die metodes wat ons gebruik
BEANDELING VAN ‘N PERD WAT OP LOOP SIT R1000
DEEL 1
DEEL 2
DEEL 3
DEEL 4
Op loop sit is ‘n gewoonte wat feitlik onmoontlik is om reg te kry, tensy ‘n mens hierdie metodes ken, maar dit is maklik vir enigiemand om feitlik enige perd te genees met hierdie metodes
BOUVORM 1 en 2 R1000
’n Intensiewe bespreking van ‘n perd se bouvorm